Rolbos het ’n geregistreerde handelsmerk geword en staan vandag as ’n simbool van jeuginisiatief.
Leer kuiersak koelsak vir drinkgoedjies of vloeibare “verversings”
R690,00
leer Kuiersak / Koelsak vir Verversings
Afmetings van basis: 190 mm (B) x 130 mm (D) x 400 mm (H)
Ritsingang: 300 mm
Voering: Silwer isolasievoering
Ekstra: Ritssak aan die voorkant
Kapastiteit: Pas 2 x 2L koeldrankbottels
Hierdie stylvolle leer kuiersak is perfek vir uitstappies, sosiale geleenthede of pieknieks. Die silwer voering help om drankies koud te hou, terwyl die ritsingang maklik toegang tot die inhoud bied. Die ekstra voorste ritsakkie is ideaal vir bykomstighede soos oopmakers, servette of lekkernye. Duursaam, elegant en prakties – ‘n uitstekende metgesel vir enige kuier.
Elke produk word met die hand verwerk; natuurlike leer- en skivingmerke mag voorkom en getuig van egte leer en ambagswerk.
Natuurlike merkies is deel van egte leer se unieke karakter – elke produk is dus een van ’n soort 🤎
Rolbos Leerprodukte, ….want dis hoé ons rol!
| Kleur | "Dieselleer Toffie", "Dieselleer Swart", "Dieselleer Bruin", "Dieselleer Roes" |
|---|




















Reviews
There are no reviews yet.