Terugbetalings & Omruilbeleid

Rolbos leerprodukte

By Rolbos is ons trots op die kwaliteit van ons handgemaakte leerprodukte. Indien daar enige probleem met jou bestelling is, help ons graag binne die volgende riglyne:

 

🧵 Defekte items

Kontroleer asseblief jou bestelling sodra jy dit ontvang.
Indien jy van die begin af ’n beskadigde of foutiewe produk ontvang het, laat weet ons binne 7 dae van ontvangs sodat ons dit betyds kan aanspreek.

In sulke gevalle bied ons graag:

  • ’n Omruiling, of
  • ’n Winkelkrediet vir die oorspronklike aankoopwaarde.

Let wel: Koerierkoste word nie deur Rolbos gedek nie en bly vir die kliënt se rekening.

 

🪡 Herstelwerk ná aankoop

  • Indien daar binne 3 maande ná aankoop iets op jou sak breek of foutief raak, sal ons dit graag bespreek en, waar moontlik, herstel.
  • Hierdie herstelwerk word as ’n diens aangebied en geen omruiling of krediet is van toepassing in hierdie geval nie.
  • Skade of fout wat veroorsaak word deur misbruik, verkeerde hantering of gebrek aan sorg ná aankoop, sal nie onder hierdie beleid gedek word nie.

 

📋 Voorwaardes

  • Items moet in ongebruikte toestand wees (behalwe waar defek aangemeld is).
  • Bevestiging van aankoop (kwitansie of bestelnommer) word vereis.
  • Geen terugbetalings vir verandering van gemoed of verkeerde keuses nie.
  • Misbruik of skade deur onbehoorlike gebruik of versuim om die produk korrek te versorg, val nie onder die waarborg of herstelbeleid nie.

 

📞 Kontak ons

Vir enige navrae, kontak ons gerus by:
📱 082 568 0411